S v Makwanyane and Another (233/92) [2000] ZASCA 23 (4 May 2000) (2024)

[1]Dietwee appellante is in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling skuldigbevind op vier klagtes van moord, een van poging totmoord en een vanpoging tot roof met verswarende omstandighede. Op elk van die klagtesvan moord is die appellante ter dood veroordeel.Ten opsigte van dieklag van poging tot moord is hulle elk tot twaalf jaargevangenisstraf gevonnis, en ten opsigte van die pogingtot roof, tottien jaar gevangenisstraf. Die verhoorhof het gelas dat vyf jaar vandie gevangenisstraf ten opsigte van die pogingtot roof moet saamloopmet die gevangenisstraf op die aanklag van poging tot moord. In effekwas daar dus sewentien jaar gevangenisstrafop elke appellant opgelê.

[2]Dieappellante het na die Appèlafdeling appèl aangetekenteen hul skuldigbevindinge en vonnisse. Op 27 Mei 1994is die appèlleteen al die skuldigbevindinge en teen die vonnisse op die klagtes vanpoging tot moord en poging tot roofvan die hand gewys. Aangesiendaar destyds twyfel bestaan het oor die grondwetlikheid van diedoodvonnis, is die appèlleteen die doodvonnisse uitgestel teneinde die Konstitusionele Hof in staat te stel om oor hierdiegrondwetlike kwessie uitsluitselte gee. Die Appèlafdeling seuitspraak is

gerapporteer:Sv Makwanyane en 'n Ander[1994] ZASCA 76; 1994 (3) SA 868 (A); 1994 (2) SASV 158 (A). Ek sal na hierdieuitspraak verwys as Makwanyane1.

[3]Daarnahet die appellante se appèl voor die Konstitusionele Hofgedien. Uitspraakis op 6 Junie 1995 gelewer: sien Sv Makwanyane and Another[1995] ZACC 3; 1995 (3) SA 391 (CC) (Makwanyane2),ook op ander plekke gerapporteer. Die hof se bevel verskyn in par151 van die uitspraak. Kortliks kom dit daarop neer dat diedoodvonnis as ongrondwetlik bevind is, en dat die vonnis dus nie opdie appellante voltrek mog word nie.

[4]Kragtensart 1(10) van Wet 105 van 1997 (soos vervang deur art 25(b) van Wet34 van 1998) dien die appellante se appèllenou weer voor onssodat gepaste vonnisse ter vervanging van die doodvonnisse opgelêkan word.

[5]Diefeite van die saak word volledig in Makwanyane1uiteengesit en ek hoef hulle nie hier te herhaal nie. Ons slotsomdestyds was dat "die moorde wat deur die appellante ofhulmakkers gepleeg is, waarvoor hulle almal regtens aanspreeklik is, so'n vergryp teen die norme van 'n ordelike gemeenskapis dat hulledie swaarste vonnis regverdig waarvoor ons regstelsel voorsieningmaak" (873B). Indien ons steeds hierdie meninghuldig, sou diegepaste straf lewenslange gevangenisstraf wees (sien Sv Siluale en Ander 1999(2) SASV 102 (SCA)).

[6]Namensdie appellante word egter nou betoog dat 'n vonnis van lewenslangegevangenisstraf ook, soos die doodstraf, ongrondwetlikis. Dit iseffens ironies. In Makwanyane2het die afskrikkende waarde van die doodvonnis vanselfsprekendheelwat aandag gekry. In hierdie verband het Chaskalson P eenvandie vrae wat ontstaan soos volg gestel (par 123):

"In the debate as to thedeterrent effect of the death sentence, the issue is sometimes dealtwith as if the choice to bemade is between the death sentence andthe murder going unpunished. That is of course not so. The choice tobe made is betweenputting the criminal to death and subjecting thecriminal to the severe punishment of a long term of imprisonmentwhich, in anappropriate case, could be a sentence of lifeimprisonment. Both are deterrents, and the question is whether thepossibilityof being sentenced to death, rather than being sentencedto life imprisonment, has a marginally greater deterrent effect, andwhether the Constitution sanctions the limitation of rights affectedthereby."

[7]Ookwat betref voorkoming het die moontlikheid van 'n vonnis vanlewenslange gevangenisstraf 'n rol gespeel in ChaskalsonP seberedenering. Aldus sê hy (par 128):

"Prevention is anotherobject of punishment. The death sentence ensures that the criminalwill never again commit murders,but it is not the only way of doingso, and life imprisonment also serves this purpose."

Bysy uiteindelike slotsom sê Chaskalson P (par 145):

"In the balancing processthe principal factors that have to be weighed are, on the one hand,the destruction of life anddignity that is a consequence of theimplementation of the death sentence, the elements of arbitrarinessand the possibilityof error in the enforcement of capitalpunishment, and the existence of a severe alternative punishment(life imprisonment) and,on the other, the claim that the deathsentence is a greater deterrent to murder, and will more effectivelyprevent its commissionthan would a sentence of life imprisonment,and that there is a public demand for retributive justice to beimposed on murderers,which only the death sentence can meet."

[8]Inhierdie opwegingsproses het Chaskalson P bevind dat die faktore watteen die regverdigbaarheid van die doodvonnis tel,swaarder weeg asdie faktore in die guns van die vonnis. Dit is duidelik dat hywesentlik beïnvloed was deur die beskikbaarkeidvan lewenslangegevangenisstraf as 'n moontlike alternatiewe straf. Sien ookAckermann R (par 170-1), Kentridge R (par 203) enMadala R (par239). Geen lid van die hof het hierdie standpunt verwerp nie.

[9]Dieironie van die appellante se huidige standpunt lê vir mydaarin dat hulle in die Konstitusionele Hof die doodvonnisvrygespring het ten dele omdat lede van daardie hof beskou het datdie vonnis van lewenslange gevangenisstraf beskikbaar is virdieafskrikking en voorkoming van misdaad. Nou veg die appellantehierdie grondslag van hul destydse sukses aan. Hoe dit ookal sy,daar is nie voor ons betoog dat die appellante nie geregtig is omnou hierdie houding in te neem nie. Al wat ek dus kansê isdat die bogemelde passasies uit die uitsprake in Makwanyane2heelwat steun aan die Staat se betoog in die onderhawige appèlbesorg.

[10]Namensdie appellante is betoog dat lewenslange gevangenisstraf inbreukmaak op die volgende grondwetlike regte, nl diereg op vryheid vanbeweging (art 21 van die Grondwet, 108 van 1996), die reg opmenswaardigheid (art 10) en die reg op lewe (art11). Die reg oplewe is myns insiens nie hier ter sake nie. Daar is niks voor onsgeplaas ten effekte dat die appellante se lewensverwagtingebenadeelsou word deur lewenslange gevangesetting nie.

[11]Watdie regte op menswaardigheid en vryheid van beweging betref is diesituasie egter anders. Uiteraard maak enige vonnisvangevangenesetting inbreuk op 'n persoon se waardigheid en vryheid vanbeweging. Die vraag is dan of dit ooreenkomstig art36 van dieGrondwet geoorloof is. Die artikel bepaal onder meer soos volg:

"Die regte in die Handvesvan Regte kan slegs kragtens 'n algemeen geldende regsvoorskrifbeperk word in die mate waarindie beperking redelik enregverdigbaar is in 'n oop en demokratiese samelewing gebaseer opmenswaardigheid, gelykheid en vryheid..."

[12]Dieuitwerking van konstitusionele regte op die grondwetlikheid vanlewenslange gevangenisstraf is al heelwat gedebatteer.Onder meer isdit oorweeg in twee hofuitsprake, nl 'n uitspraak van die Duitsegrondwetlike hof gelewer in 1977 en gerapporteerin BVerfGE 45, 187en een van die hoogste Namibiese hof in Sv Tcoeib1996 (1) SASV 390 (NmS). Hoewel hierdie buitelandse regstelsels tot'n mate verskil van ons s'n is die grondbeginsels vergelykbaar,endie laasgenoemde saak is trouens in Suid-Afrika gevolg in Sv de Kock 1997(2) SASV 171 (T). Die appellante het swaar gesteun op hierdieuitsprake.In Tcoeibse saak stel Mahomed H R sy uitgangspunt soos volg (398 a - c):

"... an order deliberatelyincarcerating a citizen for the rest of his or her natural lifeseverely impacts upon much ofwhat is central to the enjoyment oflife itself in any civilized community and can therefore only beupheld if it is demonstrablyjustified. In my view, it cannot bejustified if it effectively amounts to a sentence which locks thegates of the prison irreversiblyfor the offender without anyprospect whatever of any lawful escape from that condition for therest of his or her natural lifeand regardless of any circ*mstanceswhich might subsequently arise".

Verdersê hy (op bl 399i tot 400a):

"It must, I think, beconceded that if the release of the prisoner depends entirely on thecapricious exercise of the discretionof the prison or executiveauthorities leaving them free to consider such a possibility at atime which they please or not atall and to decide what they pleasewhen they do, the hope which might yet flicker in the mind and theheart of the prisoner ismuch too faint and much too unpredictableto retain for the prisoner a sufficient residue of dignity which isleft uninvaded".

'nSoortgelyke gevolgtrekking is in die bogemelde Duitse beslissingbereik (sien bl 187 para 3).

[13]Albeipartye het voor ons aanvaar dat dieselfde uitgangspunt hier geld.Dit is nogtans denkbaar dat 'n omvattende ondersoekna omstandighedehier te lande 'n strenger benadering sou regverdig as dié watas gepas beskou is in Duitsland of Namibië.So 'n ondersoek hetegter nie plaasgevind nie en ek sal dus veronderstel dat diebeginsels uiteengesit deur Mahomed H R ook inSuid-Afrika geld. Ekmoet gevolglik nagaan watter voorsiening regtens gemaak word vir dieuiteindelike bevryding van personewat tot lewenslangegevangenisstraf gevonnis word. Dit word bevat in opeenvolgende Wetteop Korrektiewe Dienste (8 van 1959 en111 van 1998). LaasgenoemdeWet bepaal dat 'n gevonnisde gevangene in beginsel aangehou word virdie duur van sy vonnis (art73 (1)) Hierdie beginsel is egteronderhewig aan bepalings met betrekking tot korrektiewe toesig,dagparool, parool en vroeëvrylating in Hoofstuk VII van dieWet. Kragtens art 78 het die hof die bevoegdheid om parool ofdagparool toe te staan of voorwaardesvan korrektiewe toesig voor teskryf. Die beginsels wat deur die hof toegepas moet word, word nieduidelik uitgespel nie maarblyk tog uit die aard van diebevoegdheid en die inligting wat voor die hof geplaas moet word. Dieondersoek wat uiteindeliktot 'n besluit deur die hof lei, begin by'n Gevallebestuurskomitee kragtens art 42 van die Wet. Hierdiekomitee moet aandaggee aan faktore soos die kriminele geskiedenisvan die gevangene, die aard en erns van die misdaad waarvoor hygevonnis is, diewaarskynlikheid van sy terugval in misdaad, dierisiko wat dit inhou vir die gemeenskap en die wyse waarop hierdierisiko verminderkan word. Die hof moet klaarblyklik hierdie ensoortgelyke faktore opweeg om te besluit of lewenslangegevangenisstraf getempermag word ooreenkomstig art 78. Uiteraard isdit 'n regterlike bevoegdheid wat nie willekeurig uitgeoefen magword nie. Art 73(6)(b)(iv)bepaal dat 'n persoon wat totlewenslange gevangenis veroordeel is, nie op parool vrygelaat magword totdat hy 25 jaar van syvonnis uitgedien het nie, of dieouderdom van 65 bereik het nadat hy minstens vyftien jaar van syvonnis uitgedien het nie. Hierdiebepaling word weer getemper deurart 82(1) wat aan die President die oorheersende bevoegdheid verleenom 'n gevangene wat totlewenslange gevangenisstraf gevonnis is,onder korrektiewe toesig of parool te plaas onderhewig aan sodanigevoorwaardes as watdie hof mag aanbeveel, of om 'n deel van dievonnis vry te skeld. En dan, ten slotte, behou die Presidentkragtens art 82(2)sy bevoegdheid om oortreders te begenadig.

[14]DieWet van 1998 bevat dus uitvoerige bepalings wat aan 'n persoon wattot lewenslange gevangenisstraf veroordeel is, diemoontlikheid biedom voor die einde van sy natuurlike lewe sy vryheid geheel of tendele te herwin. Dit is waar, soos deur dieappellante se advokaatbetoog, dat so 'n persoon nie vooraf sal weet presies hoelank hy indie gevangenis sal deurbring nie,maar dieselfde geld vir enigepersoon wat tot gevangenisstraf veroordeel word. Die werklike termynword bepaal onder meer deurdie beoordeling van ander persone oordie mate waarin die gevangene in die gevangenis gerehabiliteer is,en dit kan uiteraardnie vooraf voorspel word nie.

[15]Namy mening voldoen die Wet van 1998 aan enige vereistes wat daar magwees om die vonnis van lewenslange gevangenisstrafin ooreenstemmingmet die Grondwet te bring. Die enigste probleem is dat die Wet,hoewel behoorlik aangeneem en gepromulgeer,nog nie ten volle inwerking is nie. Die rede, neem ek aan, is dat die nodigeadministratiewe strukture nog nie geskep is nie.Ek meen nie dat,bloot omdat daar 'n vertraging met die inwerkingstelling van die Wetis, die appellante 'n mindere straf moetkry as wat dieomstandighede van die saak myns insiens vereis nie.

[16]Die appellante is op 28 April 1992 gevonnis. Selfs al sou lewenslange gevangenisstraf van daardie datum bereken word,sou daarnormaalweg nog heelparty jare moet verloop voordat hulle vir paroolin aanmerking kom. Niks is voor ons geplaas om aante dui dat daarbuitengewone omstandighede is wat 'n vroeëre vrylating souregverdig nie. Die Wet is nie om dowe neute opdie Wetorde geplaasnie en ‘n mens kan dat Hoofstuk VII van die 1998 Wetbinnekort in werking gestel sal word. Indienhierdieveronderstelling later blyk verkeerd te wees en die appellantebenadeel word deur die afwesigheid van sodanige bepalings,kan hulle'n bevoegde hof nader om hul voortgesette gevangenisstraf aan teveg, of om die owerhede te verplig om gepaste voorsieningvir paroolte maak. Om enige probleme in hierdie opsig te vermy, behoort dieowerhede Hoofstuk 7 van Wet III van 1998 onverwyldin werking testel. Natuurlik, selfs al sou die bepalings nou reeds gegeld het,sou daar steeds die moontlikheid bestaan hetdat hulle te enige tydgewysig kon word. Dan ook sou die appellante se enigste middelgewees het om weer die hof te nader.

[17]Selfsin die afwesigheid van die 1998 Wet het die President bevoegdhede omparool toe te staan, afslag te verleen, of gevangenesvry te laat(art 66 van die 1959 Wet). Aangesien die Wet van 1998 reedsgepromulgeer is, meen ek nie dat dit nodig is om te oorweegof diebepalings van die 1959 Wet nie in elk geval voldoende sou gewees hetom die grondwetlikheid van lewenslange gevangenisstrafte versekernie. Daar moet in gedagte gehou word dat die Konstitusionele Hof segoedkeurende kommentaar oor die vonnis van lewenslangegevangenisstraf gelewer is in die lig van die 1959 Wet in sydestydse vorm. Klaarblyklik het die betrokke regters beskou datdaardie wet genoegsame beskerming aan 'n gevonnisde persoon verleenhet. Ons hoef nie te oorweeg of wysigings wat sedertdienaangebringis, enige verskil maak nie.

[18]Weensdie voorgaande meen ek dat 'n vonnis van lewenslange gevangenisstrafonderhewig aan die bepalings van Wet 111 van1998 nie teenstrydigmet die Grondwet is nie. Ek is steeds van oordeel dat die appellantedie swaarste straf verdien waarvoordie reg voorsiening maak.

[19] Gevolglik word dievolgende bevel uitgereik:

Die doodvonnisse op klagtes 2,3, 4 en 5 word tersyde gestel en vervang met vonnisse vanlewenslange gevangenisstraf. Die viervonnisse van lewenslangegevangenisstraf en die vonnisse op klagtes 7 en 8 sal ooreenkomstigart 32(2) wan Wet 8 van 1959 almal saamloop. Die aanvang van dievonnisse van lewenslange gevangenisstraf sal teruggedateer word na28 April 1992.

EMGROSSKOPF

APPèLREGTER

Stemsaam:

FHGROSSKOPF AR

NIENABERAR

S v Makwanyane and Another (233/92) [2000] ZASCA 23 (4 May 2000) (2024)

References

Top Articles
Latest Posts
Article information

Author: Foster Heidenreich CPA

Last Updated:

Views: 6057

Rating: 4.6 / 5 (56 voted)

Reviews: 95% of readers found this page helpful

Author information

Name: Foster Heidenreich CPA

Birthday: 1995-01-14

Address: 55021 Usha Garden, North Larisa, DE 19209

Phone: +6812240846623

Job: Corporate Healthcare Strategist

Hobby: Singing, Listening to music, Rafting, LARPing, Gardening, Quilting, Rappelling

Introduction: My name is Foster Heidenreich CPA, I am a delightful, quaint, glorious, quaint, faithful, enchanting, fine person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.