S v Makwanyane and Another (233/92) [1994] ZASCA 76; 1994 (3) SA 868 (AD); (27 May 1994) (2024)

You are here: SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1994 >> [1994] ZASCA 76

| Noteup | LawCite

Download original files

PDF format

RTF format

Saak No 233/92 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA(APPèLAFDELING)

in die saak tussen:
THEMBA MAKWANYANEEerste Appellant
MVUSOMCHUNUTweede Appellant

en
DIE STAATRespondent

CORAM: E M GROSSKOPF, F H GROSSKOPF, NIENABER, ARR

VERHOOR: 3 MEI 1994

GELEWER: 27 MEI 1994

UITSPRAAK E M GROSSKOPF, AR

2

Die twee appellante is in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling skuldigbevind deur Labuschagne R en assessore op vier klagtes vanmoord, een van pogingtot moord en een van roof met verswarende omstandighede. Op elk van die klagtesvan moord is die appellanteter dood veroordeel. Ten opsigte van die klag vanpoging tot moord is hulle elk tot twaalf jaar gevangenisstraf gevonnis, en tenopsigte van die poging tot roof, tot tien jaar gevangenisstraf. Die verhoorhofhet gelas dat vyf jaar van die gevangenisstraf tenopsigte van die poging totroof moet saamloop met die gevangenisstraf op die aanklag van poging tot moord.In effek moes die appellantedus elk sewentien jaar gevangenisstraf uitdien. Dieappellante kom nou in hoër beroep teen hul skuldigbevindinge envonnisse.

Die omstandighede waaruit hierdie klagtes ontstaan is soos volg. Aan dieeinde van elke maand stuur die Volkskas bank 'n bankvoertuigmet geld vir lonena twee hospitale. Die bankvoertuig word begelei deur 'n polisievoertuig.Die

3

bankvoertuig is 'n paneelwa met versterkte glas in die venstersen versterkte panele in die bakwerk.
Op 31 Augustus 1990 om 6 vm het dievoertuig soos gewoonlik by die banktak weggetrek. Dit is bestuur deur enePretorius. Hy het alleenin die bestuurderskajuit gesit. Agter in die voertuigwas daar vyf bankamptenare. Die geldtrommels was in 'n aparte deel van dievoertuig. Toe die bankvoertuig vertrek was 'n polisievoertuig reeds aanwesig bydie tak. Dit was 'n geel Mazda motor met twee gewapendepolisiemanne, Thompsonen Goddard, daarbinne. Die polisievoertuig het die bankvoertuig begelei.

Die bankvoertuig is eers na die J G Strijdom hospitaal, waar daar driebankamptenare en ongeveer R900 000 aan lone afgelaai is. Diebankvoertuig is toeverder na die Coronation hospitaal met net twee bankamptenare (Botha en Havenga)agter-in, saam met ongeveerR478 000. Die polisievoertuig was onmiddellik agterhulle.

By hul aankoms by die Coronation hospitaal het die

4

bankvoertuig by die terrein ingery, gevolg deur diepolisievoertuig. Die bankvoertuig het tot stilstand gekom. Kort daarna is daar'n aantal skote op die polisievoertuig geskiet, en daarna ook op diebankvoertuig. Beide polisieamptenare is in die fusillade noodlottigverwond.Pretorius, hoewel ook verwond, het dit reggekry om die bankvoertuig weer aan teskakel en weg te ry. Op pad uit het hy teen'n voertuig gebots waarin dieaanvallers beplan het om te ontsnap. Pretorius het omtrent twee kilometer verdertot stilstand gekom.Hy was noodlottig verwond, en so was Havenga. Botha, hoewelook ernstig verwond, het die aanval oorleef en was 'n Staatsgetuie bydieverhoor. Trouens, die relaas hierbo berus grootliks op sy weergawe. Anderooggetuies verskil in onbelangrike opsigte van hom.

Deurdat hul gesteelde voertuig in die botsing beskadig is, het die aanvallerste voet die hospitaal verlaat. Volgens een getuie wasdaar ses van hulle, en washulle toe gewapen met vier gewere en een pistool. 'n

5

Huurmotorbestuurder, ene Maluleke, het getuig dat hy daardieoggend by 'n rooi verkeerslig naby die hospitaal gestaan het toe vyfmans,gewapen met vyf AK-47 gewere, in sy motor ingeklim het. Hy het hulle na hulbestemming geneem en hulle het hom betaal.
Die polisie het later beslaggelê op 5 AK-47's wat almal deur ballistiese getuienis verbind was met dieaanval by die Coronationhospitaal.

Voor die hof a quo is vyf persone aangekla vir hul aandeel in diebogemelde gebeure. By die aanvang van die verhoor is die saak teen die eerstebeskuldigdeteruggetrek. Die verhoor het teen die oorblywende vier voortgegaan.Die appellante was beskuldigdes 3 en 4. Die wesentlike getuienisoor hoe diemisdaad gepleeg is, is nie by die verhoor betwis nie. Die verdediging het blootontken dat die beskuldigdes daarby betrokkewas.

Nadat die verhoor 'n ruk lank aan die gang was, het die beskuldigdes probeerontsnap uit polisiebewaring. Die

6

tweede beskuldigde is in die poging doodgeskiet, en die vyfdebeskuldigde het dit reggekry om weg te kom. Slegs die twee appellantewas dusoor en hulle is aan die einde van die verhoor skuldig bevind, soos ek hierboaangedui het.
Die eerste en vernaamste vraag voor die hof a quo was dus ofdaar bo redelike twyfel bewys was dat die twee appellante deelgeneemhet aan dieaanval op die polisievoertuig en die bankvoertuig. Die enigste ooggetuie watvoorgegee het om hulle uit te ken, was dietaxi-bestuurder, Maluleke. Daar isegter verskeie swakhede in sy getuienis oor uitkenning. Die hof a quo hethoegenaamd nie na sy uitkenning verwys in die uitspraak nie. Voor ons het mnrMeiring, wat namens die Staat verskyn het, ooknie in sy betooghoofde opMaluleke se uitkenning staatgemaak nie, en hoewel hy later betoog het dathierdie getuienis nie heeltemalbuite rekening gelaat behoort te word nie, meenek dat dit gevaarlik sou wees om enige wesentlike gewig daaraan te heg. Al watdanoorbly is bekentenisse wat die twee

7

appellante aan polisie-offisiere gemaak het. Dit is op sterkte van getuienisoor hierdie bekentenisse dat die hof a quo die appellante skuldig bevindhet.
Die regsposisie is duidelik. Kragtens art 209 van die Strafproseswet kan'n beskuldigde skuldig bevind word op die enkele bewys van'n bekentenis indiendie bekentenis in 'n wesentlike opsig bevestig word of indien daar deurgetuienis aliunde bewys word dat die misdryf inderdaad gepleeg is. In dieonderhawige geval is daar geen twyfel dat die gebeure ten opsigte waarvandieappellante in die hof a quo skuldig bevind is, inderdaad plaasgevind hetnie en daar word nie betwis dat die verhoorhof geregtig was om hulle (onderhewigaantwee uitsonderings wat ek later behandel) op grond van die bekentenisse,indien hulle toelaatbaar was, skuldig te bevind nie. Wattoelaatbaarheid betref,bepaal art 217 (1) van die Strafproseswet dat daar bewys moet word dat diebekentenis vrywillig en ongedwongedeur 'n persoon by sy volle positiewe gedoenis sonder dat hy onbehoorlik

8

daartoe beïnvloed is. En wat bewyslas betref, is diebekentenisse in die onderhawige geval gedoen aan polisie-offisiere wat exofficio vrederegters was. Dit is gemene saak dat art 217 (l)(b) van die Wetnie van toepassing was nie en dat die Staat met die bewyslasbeswaar was om boredelike twyfel te bewys dat die vereistes vir toelaatbaarheid aanwesigwas.
Die eerste vraag is dus of die getuienis oor die bekentenissetoelaatbaar was en, meer besonder, of hulle vrywillig en ongedwongegedoen is.Ek behandel eers die getuienis m b t die eerste appellant.

Die polisie-getuienis was in breë trekke soos volg. Op Maandagnag 3September 1990 is kapt Landman, die ondersoekbeampte, asgevolg van inligtingsaam met 'n span polisie-amptenare na die huis van Reginald Mabaso, watbeskuldigde no 2 by die verhoor was.Daar het die polisie twee AK-47 geweregevind. Mabaso was senuweeagtig maar bereid om met die polisie saam te werk. Vansy huis isdie geselskap

9

na 'n huis in White City waar daar vermoed was dat verdereverdagtes mag wees. Die huis is omsingel, en polisie-amptenare het binnegegaan.Die twee appellante is daar in hegtenis geneem. Mabaso en die twee appellante isna die kantore van die Brixtonse Moord- en Roofeenheidgeneem. Die eersteappellant is gewaarsku en ondervra. Die ondervraging het nie langer as 'nkwartier geduur nie, en geen dwang isop hom uitgeoefen nie. Daarna is dietweede appellant gewaarsku en ondervra. Hy was heeltemal gewillig om te praat.Na die ondervragingvan die tweede appellant is 'n onderhoud gevoer met Mabasoen die twee appellante gesamentlik. Weens inligting wat gedurende hierdieonderhoud ingewin is, het die polisie-span weer saam met Mabaso na sy huisgegaan. 'n Verdere drie AK-47 gewere is in die huis gevind.Die vyf AK-47 gewerewat in totaal in Mabaso se huis gevind is, was, soos reeds gemeld, volgensballistiese getuienis almal in dieinsident by die Coronation hospitaalgebruik.

Na die vonds van die verdere vuurwapens is die

10

polisie-span en Mabaso terug na Brixton. Daar is die twee appellante enMabaso verder ondervra. Om 10.50 was die ondervraging klaaren is die driebeskuldigdes in die selle aangehou.
Omtrent 16.30 dieselfde middag is 'npolisie-span onder bevel van kapt Landman saam met Mabaso en die eersteappellant na Bergvillein Natal om te soek na verdere verdagtes. Hulle hetoornag op Ladysmith. Die volgende oggend moes hulle eers aan hul motorvoertuieaandag gee, en hulle het ongeveer 1 nm op Bergville aangekom. Een van diekonstabels op Bergville het die verdagtes geken en diepolisie-span is diemiddag saam met hom in die platteland in om hulle te gaan soek. Dit wastevergeefs. Om 17.45 was die polisie-spanterug in Bergville. Kapt Landman hettoe weer onderhoude gevoer met Mabaso en die eerste appellant. Wat die eersteappellant betref,het kapt Landman hom weer gewaarsku volgens regtersreëls,hom sy regte verduidelik en hom gevra of hy bereid was om 'n verklaringaf telê. Hy het

11

ingewillig. Die eerste appellant is na die selle teruggeneem.Kapt Landman het gereël met 'n kapt Fitchet van die Ladysmithsespeurtak omdie verklaring af te neem. Volgens kapt Landman se getuienis het hy toe weer nadie ander verdagtes gaan soek, en hethy "redelik laat" teruggekeer. By syterugkoms het hy verklarings van Mabaso en die tweede appellant ontvang wat kaptFitchet gedurendesy afwesigheid te boek gestel het.
Die soektog na verdagtesdaardie aand was ook vrugteloos, en die hele geselskap is gedurende die nagterug na Brixton.

Kapt Fitchet het getuig dat kapt Landman hom na 17.00 die middag gebel het omhom te vra om verklarings in Bergville te kom afneem.Hy het saam met 'n tolk naBergville gery. By Bergville het hy eers 'n verklaring van Mabaso geneem. Daarnais die eerste appellantna hom gebring, die gebruiklike waarskuwings enverduidelikings is aan hom gegee, en hy het 'n verklaring gemaak. Kapt Fitchethetdit

12

op skrif gestel. Dit is weer aan die eerste appellantoorgelees en hy het sy tevredenheid daarmee uitgespreek. Die verklaring is deurdie eerste appellant onderteken.
Die getuienis wat ek hierbo kortliks opgesomhet, is gestaaf deur 'n groot getal polisie-amptenare. Die algemene strekkingvan hulgetuienis was dat die eerste appellant deurgaans korrek behandel was,dat daar geen geweld of beïnvloeding teenoor hom uitgeoefenis nie, en datsy verklaring heeltemal vrywillig was.

Die eerste appellant se getuienis was baie anders. In hoofverhoor was ditsoos volg. By sy arrestasie is hy aangesê om aan tetrek. Nadat hy ditgedoen het, het 'n polisieman hom met die vuis geslaan en hy het geval. Sy handeis agter hom met elektriese draadvasgebind. 'n Polisieman het met die voet opsy regterwang getrap. Polisiemanne het hom uitgeneem en geslaan en geskop totbinne-in'n polisievoertuig. Hy is geneem na Brixton, waar hy in 'n kamergeplaas is, aangesê is om uit te trek, en elektriese skokke

13

toegedien is. Vervolgens is hy na 'n ander kamer geneem waarhy op sy voete met sy skoen geslaan is. Daarna is hy in 'n sel geplaas.
Laterdie aand is hulle per motor na Natal. Niks het gebeur voordat hulle by Bergvillegekom het nie. In Bergville is hy in 'n selaangehou. Die aand is hy uit die selverwyder. Hy is met die dood gedreig en aangesê om 'n verklaring te maak.Hy het geantwoorddat hy nie 'n verklaring kon maak oor iets waarvan hy niksweet nie. Die polisie het hulle nie daaraan gesteur nie. Hy is na 'n kantoorgeneem waar daar 'n hele aantal polisie-amptenare was, insluitende kapt Landman.Kapt Landman het aan die eerste appellant gesêhy moet 'n verklaring maak.Die eerste appellant het herhaal dat hy nie 'n verklaring kon maak oor ietswaarvan hy nie kennis hetnie. Hy het toe 'n lang tyd in die kamer bly sittotdat kapt Fitchet daar gekom het. Die eerste appellant is aangesê omnaderaan die tafel te kom. Daar is 'n dokument aan hom voorgelê en hy isbeveel om dit

14

te teken. Hy het dit gedoen. Hy het nie geweet wat daaropstaan nie. Hy sê dat hy geteken het omdat hy bang was hulle sou homweerslaan. Op pad per motor terug na Brixton is hy weer deur kapt Landman met dievuis geslaan.
Die eerste appellant het as getuie geroep sy vriendin wat saammet hom in die huis was toe hy in hegtenis geneem is, en wat terselfdertydnaBrixton geneem is. Sy het tot 'n mate sy weergawe van sy aanvanklike aanrandingsgestaaf.

Dit is nie vir my nodig om afwykings van hierdie getuienis onderkruisverhoor, en teenstrydighede tussen die getuienis van die eersteappellanten dié van sy getuie, hier aan te stip nie. Die hof a quo het na'n deeglike oorweging van die getuienis die polisie-weergawe aanvaar endié van die eerste appellant en sy getuie verwerp.Ek hoef nie inbesonderheid op die hof se redes in te gaan nie aangesien hierdiegeloofwaardigheidsbevindinge nie voor ons aangevegis nie. Ek kan dus volstaandeur te sê dat daar myns insiens

15

geen rede bestaan om hierdie bevindinge omver te werpnie.
In argument voor ons het mnr Van Vuuren, wat namens die appellanteopgetree het, aanvaar dat die eerste appellant se weergawe dathy inderdaad nie'n verklaring gemaak het nie, verwerp moes word. Hy het egter betoog dat daaruit die onbetwiste getuienis aanduidingewas dat die verklaring nie vrywilligwas nie. Vir hierdie doel het hy op die volgende aspekte staatgemaak. Eerstenshet hy daaropgewys dat die arres selfs op die polisie-getuienis met 'n mate vangeweld gepaard gegaan het. Kapt Landman het toegegee dat die ingangin die huis"op 'n redelike rowwe manier" gebeur het, en dat iemand daartydens "konseergekry het". Konst Marais het getuig dat hytydens die arrestasie met dieeerste appellant gestoei het, en hom vasgedruk het. Op 6 September is die eersteappellant deur drVan Rensburg ondersoek. Die enigste besering wat sy kon vindwas rooiheid voor die linker oordrom. Oor die oorsaak hiervan het sygesê:"... dit is baie meer algemeen met 'n voorwerp in die oor soos 'n

16

vuurhoutjie of 'n oorstokkie waarmee mens krap vir 'n oor wat jeuk..". Sy konegter nie die moontlikheid uitskakel dat dit deur 'nklap veroorsaak kon geweeshet nie, maar die oor was glad nie beskadig nie.
Uit hierdie items is daargepoog om die afleiding te regverdig dat die eerste appellant, as 'n redelikemoontlikheid, onbehoorlikbeïnvloed is om die verklaring te maak. Diemoeilikheid met hierdie betoog is tweërlei. Eerstens, die eerste appellantgetuig nie self dat die mate van geweld wat by sy inhegtenisneming deur diepolisie gebruik is, hom beweeg het om die verklaringte maak nie. Sy eie relaaswas dat daar ernstige aanrandings op hom was wat direk daarop gerig was om syweerstand te breek en dathy inderdaad nie 'n verklaring gemaak het nie. Hierdieweergawe is tereg deur die verhoorhof verwerp. Die tweede probleem op diewegvan die appellant is dat die onbetwiste getuienis geensins aandui dat enigegeweld wat daar mag gewees het, objektief beskou,hom moontlik kon beweeg het om'n

17

bekentenis te maak nie. By sy arres is 'n mate van geweldgebruik om hom onder bedwang te bring. Hy het geen beserings opgedoen nie(eklaat die rooiheid binne die oor buite rekening as onbenullig). Volgens diegetuienis wat deur die verhoorhof aanvaar is, is nieaan hom te kenne gegee dathy soortgelyke of erger geweld te wagte kon wees as hy nie sou saamwerk nie.Trouens, die getuienis istot die teendeel - hy is herhaaldelik gewaarsu dat hynie verplig was om 'n verklaring af te lê nie, ten laaste nog in dieloopvan die uitvoerige uitleg van sy regte deur kapt Fitchet. Onder hierdieomstandighede sou daar geen rede gewees het vir hom*om te vermoed dat hyaangerand sou word as hy sou weier nie, en, ek herhaal, hy sê ook nie datdit die omstandighede van syarres (soos weergegee deur die polisie-getuies) waswat hom beweeg het om 'n bekentenis af te lê nie.

Weens die voorgaande meen ek nie dat daar uit die onbetwiste getuienis enigeafleiding gemaak kan word dat die eerste appellant sebekentenis onvrywillig wasnie.

18

Hoewel, soos ek reeds gemeld het, Mnr van Vuuren nie dieverhoorhof se geloofwaardigheidsbevindinge aangeveg het nie, het hy nogtansop'n paar leemtes in die staatsgetuienis gewys. Na my mening kan hierdie werkswysegeen doel dien nie. As die leemtes nie belangrikgenoeg is om die hof sebevinding te ondergrawe nie, kan hulle nie 'n uitwerking op die uitslag van dieappêl hê nie.En inderdaad is die leemtes nie van enige werklikebelang in die samehang van die saak as geheel nie.

Die belangrikste leemte waarop gewys is, is die volgende. Kapt Landman hetgetuig dat hy op die aand toe die verklaring afgelêis, na Bergvilleteruggekeer het nadat kapt Fitchet reeds vertrek het. Daar is egter 'ninskrywing in die voorvalleboek, gemaak deur'n konst Lubbe, dat kapt Landman 'ntelefoonoproep uit die aanklagkantoor gemaak het terwyl kapt Fitchet nog by diepolisiekantoorwas. Hierdie blykbare teenstrydigheid is nie aan kapt Landman inkruisverhoor gestel nie. Lubbe het daaromtrent getuig, maar hy het(heel

19

verstaanbaar) geen werklike herinnering van hierdie insidentgehad nie. Kapt Fitchet het bevestig dat hy nie kapt Landman iaardieaand gesienhet nie, en dit is natuurlik heeltemal moontlik dat kapt Fitchet besig was omdie verklaring in 'n ander kantoor af teneem toe kapt Landman die oproep gemaakhet. Daar is heelwat moontlike verduidelikinge vir hierdie skynbareteenstrydigheid, maarselfs al veronderstel 'n mens dat kapt Landman verkeerdwas toe hy gesê het dat kapt Fitchet reeds weg was toe hy by Bergvilleaangekom het, bied dit geen rede om die massa polisie-getuienis oor dievrywilligheid van die verklaring, wat deur die hof a quoaanvaar is, te verwerp,of om dié van die eerste appellant as redelik moontlik te aanvaar nie.Ander punte van kritiek opdie Staatsgetuienis het geen wesentlike gewignie.

Weens die voorgaande meen ek dat daar geen gronde bestaan om die verhoorhofse bevinding dat die eerste appellant se bekentenis toelaatbaaris, tersyde testel nie. Die bekentenis lui soos volg.

"During August, I cannot remember the day or date

20

when I was approached by Mondi who informed me that there was money atCoronation Hospital. It was only the two of us and we wereat Rockvillelocation. I told Mondi that he had no firearms to commit a robbery.

After a few days another man by the name of Frans also came to us atRockville. We were standing near the bottle store at Rockville.Frans Mdlulitold us he would try his best to get us the firearms.

Frans then left us and after a week returned with two firearms. Both wereAK-47s. We told Frans that we all must be armed not onlytwo. At this stage wewere five people namely Bheki, Mabaso, Vusi Mchunu, Tsaka (I don't know hissurname) Frans Mdluli and I. Wetold him (Frans) that we also wanted to be armedand he told us that should we want firearms we must pay Rl 000,00. I paid FransR800,00 to Frans for the f/arm and Vusi, Bheki and Tsaka each paid Frans Rl000.

At a later stage Frans returned with the f/arms but there was a shortage ofbullets. He then went back to fetch bullets. Thereafterwe went to Mondi at thebottle store at Rockville where we told him that we had received the f/arms.

We were also short of transport and Mondi informed us that he would let usknow. Later Mondi came with a car. I still can't rememberthe day or thedate.

On Thursday 1990/08/30 at day time,I did not take note of the time, we allwent to Mondi's house. We saw the car it was a dark greycoloured Cressida.

21

We then arranged to meet again at Mondi's house at 5 o'clock the morning ofFriday 1990/08/31.

I slept at White City with Frans, Bheki and Vusi. We woke up at 5 o'clock andwent to Meadowlands where the f/arms were hidden. Thereafterwe went to Mondi'shouse at Rockville. We went to Dube Hostel where we fetched Tsaka.

At this stage we were myself, Frans, Bheki, Vusi, Tsaka and Mondi in the car.Mondi was driving the car. We went to Coronation Hospitalwhere we arrived at06hl5.

On our arrival we remained in the vehicle while Frans and Tsaka got out ofthe vehicle with the f/arms.

The vehicle was parked inside the premises of the vehicle (sic - hospital?).We got out of the Cressida and had our f/arms with uswhich we hid with dustcoats.

A cream white Kombi now entered the premises of the hospital and was escortedby two white policemen in uniform. They were drivinga yellow private car. Idon't know the make.

Before we could stop the vehicles we heard several shots being fired at thepolice by Frans. We then also fired several shots at theKombi. I can't say howmany shots were fired, but all of us were

firing.

The Kombi tried hard to get away and collided with the Cressida but stillmanaged to escape. The Cressida was not able to start andwe escaped by

22
(on) foot. At a robot we found a taxi.
We got inside the taxi which dropped us at Rockville. We waited for a while,Mondi went to fetch a vehicle. As he did not returnVusi went to Mondi's houseto get another vehicle in which he returned. Mondi stayed behind.
We went to Meadowlands where we took the f/arms back. We each went our separateways.
On Monday 1990/09/03 at 4:00 I was arrested at White City. That is all."
Daar is verder betoog dat, selfs al worddie

bekentenis aanvaar, daar geen getuienis is watdie afleiding
regverdig dat die eerste appellant die opset gehad hetom
Havenga of Botha te dood nie, en dat hy derhalwe nie skuldig
bevind konword aan moord op Havenga of poging tot moord op
Botha nie. Daar sal onthouword dat Botha en Havenga agter

in die bank se paneelwa was. Hulle was nie van buite sigbaar
nie, en hulleis verwond deur skote wat deur die panele van
die voertuig gedring het. Uitdie getuienis blyk die volgende
myns insiens bo redelike twyfel. Dieaanvallers het geweet
wat die bank se modus operandi was. Hulle hetgeweet op

23

watter dae en op watter tye die loongeld gebring word. Hulle het geweet hoelyk die bank se voertuig en watter beskerming dit souhê. Dit klinkonwerklik om te vermoed dat hulle onder die indruk kon gewees het dat diebestuurder die enigste persoon in diebankvoertuig sou wees. Die aanvallers hethulself bewapen met 5 AK-47 gewere en voldoende ammunisie. Hulle het onmiddellikop diepolisievoertuig losgebrand om die polisie-amptenare uit te skakel. Daarnahet hulle ook op die bankvoertuig gevuur, en onder meer'n aantal skote deur diewande van die bak geskiet. In die afwesigheid van enige getuienis tot dieteendeel is die afleiding onvermydelikdat die aanvallers geweet het dat daarbankamptenare agter in die paneelwa was (of kon wees) en bedoel het om hullesaam met almalanders wat die roof kon verhinder, uit die weg te ruim. Dat diedood sou kon intree as gevolg van die skietery, spreek vanself -trouens, dieaanvallers kon skaars enige ander opset gehad het as om die dood daadwerklik teveroorsaak. Die aksie was duidelik voorafbeplan.Almal wat

24

daaraan deelgeneem het moes noodwendig geweet het wat beoogword. Spesifiek wat die eerste appellant betref: hy het geweet dat ditdie opsetwas om alle persone wat die geld na die hospitaal bring, met 'n fusillade tebegroet, en hy, so lei ek af, het ook geweetdat daar bankamptenare agter in diepaneelwa sou wees, of moontlik sou wees, en dat hulle op dieselfde manieruitgeskakel sou word.Ten spyte van hierdie kennis aan sy kant het hy meegedoenaan die aanval, en hy is dus aanspreeklik vir wat in die loop van die aanvalgedoen is. Klaarblyklik het hy ook die opset (al is dit dalk bymoontlikheidbewussyn) gehad om almal in die bankvoertuig te dood.Hy is dustereg aan moord op Havenga en poging tot moord op Botha skuldig bevind.

Weens die voorgaande is daar na my mening geen meriete in die appèlteen die eerste appellant se skuldigbevindinge nie. Ekgaan nou oor na dietweede appellant se appél.

Die tweede appellant is nie saam op die ekspedisie

25

na Bergville nie. Hy het agtergebly by Brixton. In sy gevalmaak die vervolging staat op uitwysings en verklarings aan kapt Heyliger.
Ekhet reeds die polisie-getuienis ten opsigte van die tweede appellant seinhegtenisname opgesom. Soos gemeld is hy op 3 Septemberom 10.50 in die sellegeplaas. Die volgende oggend om ongeveer 9.45 het adjudant-offisier Cox, 'n lidvan die polisie se ondersoekspan,hom gaan haal vir verdere ondervraging. Dietweede appellant was gewillig om uitwysings te doen. Kapt Vlok van dieOos-Randse moord-enroofafdeling is genader om 'n offisier beskikbaar te stelhiervoor. Kapt Vlok het gereël dat luit (tans kaptein) Heyliger hierdietaak sou verrig en op die daaropvolgende dag (d w s, op 5 September) hetHeyliger Brixton toe gegaan hiervoor. Volgens hom, gestaafdeur sy tolk, het hydie tweede appellant al die gebruiklike waarskuwings en verduidelikings gegee,en het die tweede appellant uiteie vrye wil vir Heyliger na verskeie puntegelei waar die

26

appellant sekere uitwysings en verklarings gemaak het. Foto's van dieuitwysings is geneem, en die verklarings is op skrif gestel.Na die tyd is dieverklarings weer aan die tweede appellant oorgelees en getolk. Hy het sytevredenheid daarmee uitgespreek en diedokument onderteken.

Die tweede appellant se weergawe in hoofverhoor was soos volg. Hy hetgedurende die nag van 2 tot 3 September 1990 saam met sy vriendingaan slaap indie huis waarin hy toe later gearresteer is. Hulle het in die kombuis geslaap.In die middel van die nag het die polisiedie huis binnegebars. Hulle hetonmiddellik begin om die tweede appellant te slaan en hom aangegee napolisiemanne wat van agteringekom het. Hierdie polisiemanne het hom ook geslaanen hom na buite geneem, waar hy verder aangerand is. Hulle het hom vasgemaakenop sy rug laat lê. Een polisieman het hom op sy rug getrap. Na 'n ruk ishy na Brixton geneem, waar die polisie aan homelektriese skokke toegedien het.Later die aand is hy met elektriese draad en met die vuis geslaan.

27

iy is toe na die selle geneem.
Die volgende dag is hy na 'nkantoor geneem waar 3eyliger en sy tolk was. Hulle het hom gevra of hy die plekZoronation ken en, indienwel, of hy hulle soontoe sou vergesel. Hy hetingestem. Terwyl hulle na Coronation ry, het Heyliger sy vuurwapen op die tweedeappellantgerig en gesê hy sou sy kop afskiet as hy nie saamwerk nie. ByCoronation het hulle uitgeklim en rondgestaan terwyl iemandfoto's neem.Daarvandaan het hulle na verskillende plekke gery waar hulle uitgeklim en foto'sgeneem het. Hy het nooit enige uitwysingsgedoen nie en hy het geen verklaringsgemaak nie. Hy is weliswaar gevra om 'n dokument te teken, maar het nie geweetwat daarin staannie.
Dit is nie nodig om die kruisverhoor van die tweedeappellant na te gaan nie, aangesien die hof a quo ook ten opsigte van hombevind het dat die Staatsgetuienis aanvaar moet word en dié van dieappellant verwerp moet word, enhierdie bevinding (behalwe in enkele opsigtewaarmee ek later

28

handel) nie voor ons aangeveg is nie. Veral sy bewering dat hyglad nie uitwysings gedoen het nie, word geloënstraf deur diefoto's, opsommige waarvan hy duidelik besig is om iets uit te wys. En, wat die aanrandingsbetref, het dr Van Rensburg op 6 Septembergeen kneusings of ander beserings aandie appellant gevind nie.
Mnr van Vuuren het t o v die tweede appellantwesentlik dieselfde argument voorgedra as ten opsigte van die eerste. Selfs alveronderstel'n mens dat die tweede appellant wel die uitwysings gedoen en dieverklarings gemaak het, het hy betoog, was dit gemene saak dat'n mate vangeweld gedurende die arrestasie gebruik was. Daarbenewens was diepolisie-getuies nie heeltemal konsekwent oor hoe presiesdle tweede appellantgearresteer was nie (hoewel almal ontken het dat hy aangerand was nadat diearrestasie volvoer was). Onder hierdieomstandighede is daar 'n redelikemoontlikheid (so word aangevoer) dat daar wel aansienlike geweld op dieappellant toegepas is,en dat dit hom beweeg het om die

29

uitwysings aan kapt Heyliger te doen en die meegaandeverklarings te maak.
Die antwoord op hierdie betoog is wesentlik dieselfde ast o v die eerste appellant. Die tweede appellant beweer nie dat die beperktegeweld wat die polisie aangewend het om hom in hegtenis te neem, hom beweeg hetom die uitwysings te doen nie. Hy beweer dat hy baieerger aangerand is en dathy inderdaad geen uitwysings gedoen het nie. Daar is geen rede om van diegeringe onsekerheid van die polisie-getuiesoor hoe presies die arrestasieverloop het, af te lei dat die appellant erger aangerand was as wat die getuieswil toegee nie. En,objektief beskou op grond van die polisie-getuienis wat deurdie verhoorhof aanvaar is, was daar geen rede vir hom om enigiets tevrees as hynie die uitwysings sou maak nie. By sy arrestasie is nie meer geweld gebruik aswat nodig was om hom onder bedwang tebring nie, en hy het geen beseringsopgedoen nie. Ná sy arres was daar geen aanrandings of dreigemente vanaanrandings nie.Hy is deur

30

minstens drie persone (Landman, Cox en Heyliger) gewaarsku dathy nie verklarings of uitwysings hoef te maak nie.
Weens die voorgaande meenek dat die tweede appellant se betoog nie aanvaar kan word nie. Ook in anderopsigte kan ek geen fout vindmet die verhoorhof se bevinding t o v dietoelaatbaarheid van die getuienis oor die uitwysings en gepaardgaandeverklarings nie.Hierdie bewysmateriaal was dus volgens my oordeel tereg deurdie verhoorhof in ag geneem.

Die belangrikste deel van die tweede appellantse

uitwysings was by die Coronation hospitaal. Dieaantekening

oor die uitwysings lui in hierdie verband soos volg:

"Wys plek uit in die parkeerarea by 'n laaisone van die Hosp. en sê 'Hieris die kar waarmee ons gekom het, 'n Cressida geparkeer.Monde het die kar gery.Ek, Monde, Bheki en Tsaka klim toe uit. Ons staan toe almal hier ... Ons hetgewag vir die mense van dieKombi met die geld om die deure oop te maak. DieKombi het hier gestaan - wys plek uit voor laaisone ... Twee van ons mense hetdaargestaan - wys hoop plastiese blou sakke uit plus minus 40 meter vanaflaaisone langs nog 'n laaisone.

Ek het by Cressidagestaan en wag toe hoor ek die

31
stem van die vuurwapen. Ek het gesien die twee mense wat daar (blou sakke) staanen skiet het en ek het gesien dat 'n kar van diepolisie wat hier gestaan het... raakgeskiet is. Ek het ook gesien dat Bheki en Tsaka skiet na die Kombi toe.Die Kombi het geryen gestamp teen die Cressida. Ons hardloop toe almal by dievoet na die hek toe. Ons hardloop toe uit die hek ... tot in die paden toe soekons 'n taxi. Monde het sy 15 shooter vir mygegee."

Later het hy ook uitgewys waar hy en symakkers die taxi gekry het.
Hierdie verklaring toon duidelik aan dat dietweede appellant 'n party tot die aanval op die bankvoertuig en diepolisievoertuig was.Mnr van Vuuren het egter t o v hierdie appellant, soos tenopsigte van die eerste, betoog dat daar nie bewys is dat hy die opsetgehad hetom die twee bankamptenare wat agter in die paneelwa was, t w, Havenga en Botha,te dood nie. In hierdie verband geld dieselfdeoorwegings as wat ek ten opsigtevan die eerste appellant genoem het, en dit sou m i 'n voldoende antwoord op diebetoog vorm. Diesaak teen die tweede appellant is egter nog sterker asdié teen die eerste. In sy verklaring aan kapt

32

Heyliger sê die tweede appellant uitdruklik "[o]ns hetgewag vir die mense van die Kombi met die geld om die deure oop te maak".Hy wasdus ten volle bewus dat daar mense (in die meervoud) in die bankvoertuig souwees, en het klaarblyklik 'n gemeenskaplike opsetmet die ander booswigte gehadom hierdie mense met outomatiese geweervuur buite aksie te stel.

Weens die voorgaande meen ek dat die tweede appellant se appèl teen syskuldigbevinding afgewys moet word.

Ek behandel vervolgens die appèlle teen vonnis. In sy betoog voor ons(maar nie in sy betooghoofde nie) het mnr van Vuureneerstens betoog dat dietermyne van gévangenisstraf wat opgelê is t o v die klagtes vanroof en poging tot moord inhul gesamentlike uitwerking buitensporig hoog is.Dit is geykte reg dat dat die verhoorhof in hierdie geval 'n diskresie m b tvonnisoplegginggehad het, en dat hierdie hof die vonnis wat hy opgelê hettersyde kan stel

33

slegs as die diskresie nie behoorlik uitgeoefen is nie. Na mymening was die betrokke vonnisse heeltemal bevoeg, daar was geen mistastingsnie, en die vonnisse is nie so swaar, selfs met inagneming van hul gesamentlikeuitwerking, dat daar afgelei kan word dat die verhoorhofnie 'n behoorlikediskresie uitgeoefen het nie. Die vonnisse van gevangenisstraf moet dusbekragtig word.

Dit bring my dan by die doodvonnisse wat ten opsigte van dieskuldigbevindinge aan moord opgelê is. Op uitnodiging van die hofhet mnrVan Vuuren betoog dat die oplegging van die doodvonnis onkonstitusioneel is uithoofde van artikels 9 of 11(2) van die Grondwetvan die Republiek vanSuid-Afrika (Wet 200 van 1993) wat op 27 April 1994 in werking getree het.Voordat ek hierdie betoog oorweegis dit egter gerade om eers te beslis of diedoodstraf op meriete bekragtig behoort te word. Indien ons meen dat diedoodstraf opmeriete tersyde gestel behoort te word, onstaan daar geen vraag oordie konstitusionaliteit daarvan nie. In 'n appél

34

teen 'n doodvonnis moet ons oordeel of ons self onder dieomstandighede die doodvonnis sou opgelê het (art 322(2A)(b) van dieStrafproseswet). Hier is daar dus nie 'n kwessie dat 'n appellant hoef aan tetoon dat die verhoorhof sy diskresie verkeerd uitgeoefenhet nie.
Diebelangrikste strafverswarende faktore in hierdie saak spruit uit die aard vandie misdade wat gepleeg is. Die twee appellantewas deel van 'n bende wat voorafbeplan het om die bankvoertuig te beroof. Hulle het sorgvuldig uitgewerk hoehulle die bankvoertuigsou oorval en die polisiebeskerming sou uitskakel. Hullewas swaar bewapen met outomatiese gewere en voldoende ammunisie. Dat verskeiemense in die aanval gedood sou word, was onvermydelik. Hul dade was koelbloedigbereken en beplan. Die oorledenes was polisie- enbankamptenare - mense watbloot besig was om hulle werk te doen.

As strafversagtende faktore is daar die persoonlike omstandighede van dietwee appellante. Die eerste appellant

35

is 'n eerste oortreder. Volgens die hof a quo was hy 43 jaar oud tentyde van vonnisoplegging. Dit is nie heeltemal duidelik waar hierdie inligtingvandaan kom nie - volgens dieklagstaat was hy 33. Hoe dit ook al sy, hy isklaarblyklik nie 'n jeugdige nie. Hy het in Natal grootgeword, het slegs 'ngeringeopvoeding gehad, en is in 1981 getroud. Hy het drie kinders. In 1974 hethy na Johannesburg gekom en het sedertdien by verskillendeplekke gewerk. Hy kanmoontlik rehabiliteerbaar wees.
Die tweede appellant is gebore op 12 April1970 en was dus 20 jaar oud ten tyde van die pleging van die misdade. Hy het 'nvorigeveroordeling wat vir doeleindes van vonnis buite rekening gelaat kanword. Hy het skool gegaan tot standerd 8, en het daarna weensgeldgebrek skoolverlaat en verskillende soorte werk gedoen. Hy het een buite-egtelike kind virwie hy finansieel verantwoordelikis.

Daar is aan die hand gedoen dat daar ander strafversagtende faktore is, enveral dat die twee appellante

36

nie die besluit om te roof geïnisieer het nie. Al het die inisiatief vaniemand anders gekom, het die twee appellante vrywilligsaamgewerk. Daar was geensuggestie dat enige oorreding nodig was nie. Selfs al sou hul moreleblaamwaardigheid tot 'n mate verminderword omdat dit nie hul oorspronklike ideewas om die bankvoertuig te beroof nie meen ek dat hierdie faktor geen wesentlikegewigin hierdie saak het nie.

By 'n besluit of die doodvonnis onder hierdie omstandighede die enigstegepaste vonnis is, moet ek dan die strafverswarende faktoreopweeg teen diestrafversagtende faktore. Die wesentlike strafversagtende faktore is dat dietwee appellante eerste oortreders isen as rehabiliteerbaar bëskou moetword. Daarby is die tweede appellant nog jonk, wat moontlik syrehabiliteerbaarheid verhoog.Desondanks meen ek dat die moorde wat deur dieappellante of hul makkers gepleeg is, waarvoor hulle almal regtens aanspreeklikis,so 'n vergryp teen die norme van 'n ordelike gemeenskap is dat

37

hulle die swaarste vonnis regverdig waarvoor ons regstelselvoorsiening maak. Die faktore van vergelding en afskrikking moet na mymeningvan oorheersende belang wees. Ek sou dus die doodvonnis bekragtig. Dit is mynsinsiens die enigste gepaste vonnis in hierdiegeval. En in hierdie verband dinkek nie dat 'n onderskeid getrek kan word tussen enige van die vier moordewaaraan die appellanteskuldig bevind is nie, of tussen die omstandighede vandie twee appellante nie.
Dit bring my dan weer terug na die konstitusioneleposisie. Dit is moontlik dat art 241(8) van die Grondwet ons magtig om 'ndoodvonniste bekragtig, al sou dit teenstrydig met die Grondwet wees. Dit isegter twyfelagtig of ons die bevoegdheid het om hierdie bepalinguit telê. (sien art 181(5) saamgelees met art 98(2) van die Grondwet). Selfs alsou ons so 'n bevoegdheid hê, sou ditnogtans beter wees om eers diebeslissing van die konstitusionele hof oor die geldigheid van die doodvonnis tekry. Dit is 'n vraagwaaroor die konstitusionele hof uitsluitlike jurisdiksiehet.

38

Sien weereens art 101(5) saamgelees met art 98(2) van dieGrondwet. Dit is gevolglik na my mening wenslik dat die verdere oorwegingvandie appélle teen die doodvonnisse uitgestel word totdat diekonstitusionele hof 'n uitspraak oor die geldigheid daarvanin gevalle sooshierdie gegee het.
Weens die voorgaande word die volgende beveluitgereik:

a)Albei appellante se appelle teen hul skuldigbevindings en teen hul vonnisseop klagtes 7 en 8 word afgewys.
b)Die afhandeling van die appelle teen die doodvonnisse op klagtes 2,3,4 en 5word uitgestel tot 'n datum wat deur die Griffierin oorleg met die Hoofregterbepaal sal word.

E M GROSSKOPFF H GROSSKOPF, ARStem

NIENABER, JA saam

S v Makwanyane and Another (233/92) [1994] ZASCA 76; 1994 (3) SA 868 (AD); (27 May 1994) (2024)

References

Top Articles
Latest Posts
Article information

Author: Prof. Nancy Dach

Last Updated:

Views: 6059

Rating: 4.7 / 5 (57 voted)

Reviews: 80% of readers found this page helpful

Author information

Name: Prof. Nancy Dach

Birthday: 1993-08-23

Address: 569 Waelchi Ports, South Blainebury, LA 11589

Phone: +9958996486049

Job: Sales Manager

Hobby: Web surfing, Scuba diving, Mountaineering, Writing, Sailing, Dance, Blacksmithing

Introduction: My name is Prof. Nancy Dach, I am a lively, joyous, courageous, lovely, tender, charming, open person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.